× This is the optional category header for the Suggestion Box.

Swak Polisieoptrede

More
14 Mar 2015 19:31 #1 by Ed
Swak Polisieoptrede was created by Ed
Uittreksel uit fb:

Jaco Wessels -> Linda Vorster - Ek het die volgende vir julle op n ander post geplaas hieroor, ek doen dit hier ook. Groete.

Henning, ek dink nie ons ken mekaar nie. Maar die wat my wel ken in Bethulie sou vir jou se ek is erg oor diere, veral perde, en dink Linda kan dit bevestig. Ek het nou jou stuk hierbo gelees. Hier is n paar voorstelle van my kant af:

1. Om as rassisties uitgekryt te word is n oortreding. Sodanige oortredings word ten beste hanteer deur n formele klag by die Menseregte Kommissie.

Die proses om so iets te rapporteer word hier uiteengesit: www.sahrc.org.za/.../Revised%20Complaints
...

Die klagte self word op hierdie dokument ingevul en vir hulle gestuur: www.sahrc.org.za/.../Afrikaans%20Complaints%20Form
...

Dit behoort die Rassisme probleem aan te spreek.

Nou die fiktiewe nonsens van skending van mense se regte om fotos van n misdryf te neem, spreek van n gebrek aan insig en kennis van sy vakgebied. Ek sou my nie verder daaraan steur nie.

Wat wel pla is die feit dat hy nie summier die nodige kriminele klagtes aanlê en die dossier open vir ondersoek nie. Dit is prima facie regsverydeling - veral weens sy posissie as Bevelvoerder en/of as Offissier. Hierdie klagte word direk aangespreek deur die Provinsiale Kommisaris van Polisie se kantore in Bloemfontein, maar ek sou die proses as volg aanbeveel:

1. Skakel die Provinsiale Kantoor. Vra vir die huidige Offisier aan diens vir jou area, en dat hulle die offisier kry om jou te skakel op n dringende basis weens n gebrek aan beweging van die plaaslike offisier. Die provinsiale kantore se nommer is:051 507 6561 / 6562

Wanneer die jou kontak, dring aan op n dossier vir regsverydeling teen die betrokke Kaptein. Kry n MAS no, en maak seker die ondersoek-beampte kontak jou teen Dinsdag vir verdere ondersoek, by gebreke waaraan jy dit verder opneem met die Prov Komm.

2. Stuur n epos met al hierdie bewerings en fotos aan die Provinsiale Komm se kantoor by: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. jy kan net vir goeie balans die Nas Komm se kantoor ook CC in jou epos by: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Dit behoort die spreekwoordelike strepie in die sand te trek vir die Kaptein ter sprake. En as mens dit mooi behoorlik opvolg, dan kan dit n erg "career limiting move" word aan sy kant om nie te reageer na behore op n klagte nie.

Hoop jy kom reg.

AT YOUR SERVICE- TOT U DIENS

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Time to create page: 0.626 seconds
Powered by Kunena Forum