Bethulie - Plek van aanbidding

Die naam Bethulie is afgelei van die Hebreeuse woord, Bethulua, wat "plek van aanbidding"  of "Huis van God",beteken.


Die ontstaan van Bethulie

In 1828 is 'n sendingstasie gestig deur die Londense Sendinggenootskap vir die plaaslike bevolking, die San (Boesmans). Bethulie het oorspronklik bekend gestaan as Groot Moordenaars Poort na 'n baie groot stryd tussen die San (Boesmans), Sotho en Griekwa stamme.

In 1832 het die sendeling Jean Pierre Pellissier, (sy huis is een van die oudste pionier geboue noord van die Oranjerivier), die Londense sendelinge vervang. Sy huis huisves nou 'n historiese museum. Hier word items van die verlede en inligting oor die lief en leed van Jean Pellissier en Kaptein Lephoi en sy mense vertoon.
 
Die dorp se naam was oorspronklik T'Kout'Koo, deur die San (Boesmans) vernoem.
 
In 1827 was die dorp se naam bekend as Moordenaarspoort.
 
In 1828 was die dorp se naam Bushman School.

Daarna tot 1833 was Bethulie bekend as Caledon, so vernoem na die nabygeleë Caledon rivier. Hierdie naam was in konflik met 'n Wes-Kaapse dorp met dieselfde naam. Toe in 1833 het 'n Franse Sendinggenootskap, die "Paris Missionary Society" die beheer oor die gebied oorgeneem en hernoem die sendingstasie Bethulua, wat beteken "plek van aanbidding".

In 1834 is dit hernoem na Verheullpolis

In 1835 is die dorp se naam hernoem na Bethulie.

In 1863 is die dorp gevestig en hernoem na Heidelberg.

In 1872 is die dorp weer hernoem na Bethulie, die oorspronklike sendingstasie naam.

Bethulie moet seker die rekord hou vir die meeste naamsverandering van enige dorp in Suid Afrika, indien nie in die hele wêreld nie.

Die oorspronklike sendeling gebou is nog steeds behoue in Bethulie. Dit is een van die oudste oorblywende huise gebou deur Europese settelaars.


Tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) was een van die grootste konsentrasiekampe wat deur die Britte in Suid Afrika opgerig is ook hier in Bethulie geleë. Dit het alom bekend gestaan as Helkamp.