Die volgende aktiwiteite is in en om Bethulie is beskikbaar:

Stap
Visvang
Jag
Boot ry
Kuns en kunsvlyt
Wildbesigtiging
Historiese terreine
Gedenktekens
Monumente
Museum
 Sterrekyk

Die Hennie Steyn brug oor die Oranjerivier is die langste pad-spoor brug in Suid-Afrika. Dit is die ideale plek om na die sonsondergang te kyk en om 'n 'sundowner' te geniet, asook sterrekyk na donker.

Sport fasiliteite in Bethulie sluit swem, tennis, gholf, rolbal en muurbal in.

Daar is talle stap geleenthede in en om Bethulie. Die omgewing is ideaal vir bergfiets ry en ook vir 4x4-entoesiaste.

Voëls kyk, wildbesigtiging, rotsskilderye en sterrekyk is van die aktiwiteite beskikbaar in die onmiddellike omgewing.

Die nabygeleë Gariep Dam, wat die grootste volume waterinhoud in Suid-Afrika het, is ideaal vir watersport, visvang, roei, kanovaart, 'rubberducks', seil en waterski.

Jy kan ook net vir 'n uitstappie gaan na enige van of al drie wildreservate in die gebied.
Dit is die Tussen-die-Riviere, Oviston en/of die Gariep Natuurreservaat.

Die Tussen-die-Riviere Natuur Reservaat, so genoem omdat dit tussen twee riviere, die Caledon en die Oranjerivier, geleë is Dit het sebras en 'n verskeidenheid ander wildsoorte. Dit is dig bebos en propvol wild.

Vanaf Bethulie kan jy ook ander nabygeleë dorpe soos Springfontein, Norvalspont, Philippolis, Smithfield, Burgersdorp en Aliwal-Noord besoek. Hierdie is almal baie belangrike geskiedkundige plekke in hul eie hoedanigheid, hoofsaaklik weens die Anglo-Boereoorlog.


Geskiedkundige besienswaardighede

aanduiding Perde Monument
aanduiding Ou Stasie
aanduiding Lykswastoor
aanduiding Bethulie Begraafplaas
aanduiding Die Gereformeerde Kerk
aanduiding Die Nederlandse Gereformeerde Kerk
aanduiding Lephoi Monument
aanduiding Voortrekkermonument
aanduiding Ossewa Monument
aanduiding Pellissierhuis (Museum)
aanduiding Oorblyfsels van Engelse verskansings
aanduiding Trekboere Veekampe
aanduiding Konsentrasiekamp terrein
aanduiding Adams se put
aanduiding Water reservoir vermoedelik gebruik deur die Wiltshire Perde regiment
aanduiding Bethulie Konsentrasiekamp Begraafplaas (Kampkerkhof)
aanduiding Louw Wepener Monument



Monument ter ere van die Perd

Horse Memorial Hierdie monument is geleë aan die westelike ingang na Bethulie (die Springfontein pad).
Dit herdenk die rol wat die perd gespeel in die geskiedenis van Suid-Afrika
Die voetstuk se stene is gemyn naby die Hennie Steyn brug.
Dit is 'n beeldhouwerk van Laura Rautenbach, wat op 23 April 1982 onthul is.
Ongelukkig, as gevolg van aanhoudende vandalisme, moes die hele monument in 'n yster hok toegemaak word.

 

Die Pellissierhuis Museum

Pellisier House Museum Die Pellissierhuis Museum, vernoem na die eerste Franse sendeling in Bethulie, Jean Pierre Pellissier, van die 'Paris Sending Genootskap'.
Dit was opgerig as die woning van hierdie sendeling. Nou huisves dit 'n uitstalling oor die sendelinge hier en ook oor die geskiedenis van die streek.
Huishoudelike items, sowel as klere, voertuie, meubels, dokumente en 'n foto gallery word uitgestal. Die lewenstyl van die tydperk kan ook waardeer word deur besoekers. 
Hierdie gebou is dan ook die oudste settelaars gebou wat staande gebly het in die Vrystaat.

Die museum is ingehuldig op 20 Julie 1979.

Dit is geleë te Voortrekkerstraat 1, Bethulie.

Besoek Ure: Maandag tot Vrydag 8:00-16:00

Saterdae en Sondae slegs per afspraak


Ossewa Monument

Ox Wagon Memorial The Ox Wagon from the Monument Die Ossewa Monument het 'n ossewa deur osse getrek daarop gehad. Dit was gemaak van gesmelte weggegooi patroondoppies uit die Anglo-Boereoorlog. Dit het in 1938 die Groot Trek herdenk.

Na die osse deur diewe gesteel was in die negentigerjare, is die ossewa verwyder en na die nabygeleë Pellissierhuis Museum verskuif waar dit nou steeds besigtig kan word. Replikas van die osse is gemaak met die oorspronklike vorm en word nou uitgestal saam met die ossewa in die museum..


Louw Wepener monument

Louw Weppener Louw Wepener het die Vrystaatse kommando's in die tweede Basoeto oorlog gelei. Hy is vereer deur die gedenkteken op sy plaas Constantia ongeveer 10 km wes van Bethulie op die Springfontein Pad (R715) op te rig. Hy is ook hier begrawe.
Louw Wepener is doodgeskiet toe hy en sy manskappe die Basoeto bergvesting, Thaba Bosiu (ook bekend as Thabo Bosigo) bestorm het.



Bethulie Konsentrasiekamp Begraafplaas (die Kamp Kerkhof)

Kampkerkhof Headstones Hierdie terrein is 'n hartseer herinnering aan een van die grootste konsentrasiekampe wat deur die Britte in die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) opgerig is.
Aangesien daar 'n moontlikheid was dat die gebied waar die oorspronklike konsentrasiekamp-begraafplaas geleë was, oorstroom kon word as 'n gevolg van die bou van die Gariep Dam, is 'n besluit geneem om die 1 757 oorskotte op te grawe, te skuif en herbegrawe by die huidige begraafplaas terrein sowat 3 km buite Bethulie.
Die klipstapel en twee Engel-monumente kan ook gesien word waar die nuwe Konsentrasiekamp-Begraafplaas nou is. Die terrein is onthul deur Oud-Staatspresident C.R. Swart in Oktober 1996.

Die N G Kerk

Die N G Kerk is voltooi in 1887 en is 'n nasionale monument.


Die Burgher Monument en die Bethulie Begraafplaas

Benewens die Burgher Monument bevat die Bethulie begraafplaas ook die grafte van verskeie Britse soldate.


Ontspanningsterreine

aanduiding Die Bethulie Dam en Oord
aanduiding Die Mynhardt Natuur Reservaat
aanduiding Die Hennie Steyn Brug
aanduiding Tussen Die Riviere Natuur Reservaat
aanduiding Gariep (Xhariep!) Dam
aanduiding Gariep Natuur Reservaat
aanduiding Oviston Oord & Natuur Reservaat


Die Bethulie Dam, Vakansieoord en Kampeerterrein
Dit het die geleentheid gebied vir 'n verskeidenheid watersport asook verblyf vir besoekers aan te bied soos kampeer, Karavaan staanplekke, Rondawels en Chalets. Al is die oord tans oop vir die publiek, het die geriewe gedurende die afgelope paar jaar ongelukkig in onbruik verval. Dit is nog steeds die uitstappie werd om daarheen te gaan.

Die Mynhardt Natuurreservaat
Oppervlakte 160ha/395ak, is langs die Bethulie Dam geleë. Dit is gestig in 1937.
Hier was 'n verskeidenheid wild aangetref. Ongelukkig, net 
soos die Bethulie Oord het dit ook in onbruik verval en daar word tans geen wild meer aangetref nie.

Die Hennie Steyn-Brug
Die Hennie Steyn-brug is 'n gekombineerde pad en spoorlyn-brug wat oor die Oranjerivier strek sowat 5 km buite Bethulie op die pad na Burgersdorp en Venterstad.
Dit is 1121 m (1260 jaart) lank en 51,5 m hoog en dus is dit die langste kombinasie brug in Suid Afrika.
Daar word ook beweer dat dit dalk die langste kombinasie brug in die suidelike halfrond kan wees.
Die DH Steyn Brug is 'n pragtige boog-brug wat oor die Oranjerivier strek en verbind die Vrystaat en die Oos-Kaap en is ook op die grens tussen die twee provinsies gelee..

Tussen-die-Riviere Natuur Reservaat
Die Tussen Die Riviere Natuur reservaat is in 1972 gestig en begin in 'n dig beboste gebied waar die Caledon-rivier aansluit by die Oranjerivier in 'n noord-oostelike rigting van Bethulie. Vandaar die naam "Tussen-die-Riviere". Dit is 22.000 ha groot.

Die reservaat se wye oop vlaktes is die tuiste van groot troppe blesbok, swartwildebees en springbok. Ander diersoorte sluit elande, vaalribbok, gemsbokke, rooiribbok, rooibokke, koedoes, rooihartbeeste en sebras in, terwyl buffels langs die ruie rivieroewers skuil. Vlakvarke is altyd 'n verrassing om te sien en klein nagtelike soogdiere, soos ystervark, erdvark, aardwolf en bakoorjakkalse, maak 'n nag rit en onvergeetlike ervaring.

In vervloë dae het San (Boesmans) en Kaapse Aasvoëls skuiling gevind op die klipbanke van Aasvoëlkop. Vandag getuig net rots tekeninge en wit merke op die rotse van hul bestaan.

Majestueuse diere, interessante rotsformasies, pragtige grasvlaktes en rivier klowe maak hierdie reservaat op die suidelike punt van die Vrystaat 'n bestemming wat nie misgeloop moet word nie.
Ontspanning op die reservaat sluit wild, jag (gedurende jagseisoen) en 'n avontuurlustige 4x4 roete in.


Vir meer inligting kontak 051-763 1000.

Van September tot aan die einde van April word dit bestuur soos enige ander wildreservaat en is oop vir dag besoekers van sonop tot sononder. Gedurende die winter maande egter, is jag toegelaat om wild getalle te verminder. Die reservaat is dan gesluit vir die algemene publiek gedurende weeksdae.


Gariep Dam (voorheen Hendrik Verwoerd-dam)

Suidwes van Bethulie geleë, is die Gariep Dam (Hendrik Verwoerd Dam), 'n kunsmatige meer oor 100 km (62 myl) lank, met 'n oppervlakte van 374 vk.km (44 vk.myl), wat in 1971 gebou is en die Oranjerivier opdam. Die damwal is 54 km vanaf Bethulie geleë.

Dit is vierde grootste kunsmatige meer in Afrika, met 'n damwal van 90 m (300 ft) hoog en 'n maksimum kapasiteit van    5 958 000 000 kubieke meter (1 314 000 000 000 liter), is dit deel van die Oranjerivier-projek, 'n groot en komplekse besproeiing skema vir die verspreiding van die water uit die rivier.

In 1975 is die 82.5 km (51 myl) Oranjerivier - Vis Tonnel amptelik geopen.
Dit is die wêreld se langste water-tonnel,  met 'n deursnee van 5.35 m (17.5 ft). Dit lei water uit die Gariepdam na die vallei van die Visrivier en verseker sodoende 'n voldoende watervoorraad vir Port Elizabeth.

Die dam bied ook uitstekende fasiliteite vir watersport.

Gariepdam STATISTIEKE

Maksimum hoogte bo grondvlak
Lengte van die damwal
Bruto stoorkapasiteit
Finale oppervlakte van die meer gevorm
Oewerlengte
Konstruksie begin
Konstruksie voltooi
Amptelike opening (HF Verwoerd-dam)
Herdoop as Gariep Dam
88 m
914 m
5,673.8 miljoen kubieke m
360 km ²
435 km
18 November 1966
1971
4 Maart 1972
1 April 1995


Aan die noordekant van die dam is die Gariep Natuur Reservaat geleë (area 36.500 ha/90, 000 AC).
Hier is baie wildspesies soos wildebeeste en die grootste bevolking van springbokke in Suid Afrika. In die dorp aan die westelike kant van die park is 'n vakansie oord met verblyfgeriewe vir besoekers, ook sportgeriewe, 'n winkelsentrum en 'n restaurant.


Gariep Natuur Reservaat

Hierdie reservaat, wat oor 'n gebied van sowat 12 000 hektaar strek, vanaf die Gariep-damwal al langs die Vrystaatse grens tot by Bethulie. Dit is 'n reservaat van kontraste, waar die oop vlaktes oorheers word deur gemengde Nama-Karoo plantegroei, skakel baie koppies en rante aanmekaar. Die pragtige Karoo-landskap langs die waters van die Gariepdam skep 'n rustige atmosfeer wat jou in 'n ontspannende bui sal kry.

As jy jou bemoei oor 'groen aangeleenthede', dan het die Gariep Natuur Reservaat baie om by te dra. 'n Paar jaar gelede was daar minder as 'n honderd van die pragtige Kaapse Bergsebra oor in die wêreld. Gedurende die laat jare sewentig is 'n teelprogram begin met twaalf Kaapse Bergsebra wat van die Kaapse Bergsebra Park naby Cradock ontvang is. Tans is daar meer as sewentig van hierdie diere in die Gariep Natuur Reservaat. Sommige is reeds oorgeplaas na ander plekke. Dit is ook die noordelikste punt in die wêreld waar 'n mens die Kaapse Bergsebra sal aantref.

Ander diere wat jy onder oë sal kry, sluit koedoes, gemsbokke, springbokke, blouwildebeeste, die tweede grootste trop swartwildebeeste in die wêreld, rooibokke, blesbokke, rooihartbeeste, steenbokke, elande, rooiribbokke en klipspringers in. Teen skemer kan jy gelukkig genoeg wees om 'n paar klein roofdiere soos aardwolwe en bakoorjakkalse te sien terwyl hulle soek na 'n sappige maaltyd van termiete en ander insekte. Tydens 'n wilduitstappie in die Gariep Natuur Reservaat kan jy troppe van meer as 'n honderd bokke op 'n slag teëkom. Dit is 'n gebeurtenis wat jy slegs op 'n paar plekke in Suid-Afrika kan ervaar.

Vir meer inligting oor die reservaat, sy plant- en dierelewe, of verblyf, skakel 051-754 0026/48